Lewensligsentrum

Click here to edit subtitle

                                                                                   WIE IS LEWENSLIG?

Lewenslig sentrum vir breingestremde volwassenes, het op 1 Februarie 2008 hulle deure geopen met 5 lewensliggies. As kinders was ons mensies meestal by Eureka Sentrum geakkommodeer. Ongelukkig mag hulle net daarheen gaan tot op die ouderdom van 18, en daarna is daar vir hulle geen heenkome rondom daaglikse stimulasie nie. Die tendens is dan dat hierdie mensies tuis bly, sonder enige interaksie met ander, buiten hul ouers nie, en dit veroorsaak onnodige frustrasie by elkeen van hulle.


Dit is hier waar Lewenslig die behoefte gesien het en die sentrum begin is, om juis hierdie volwassenes te akkommodeer. Huidiglik is daar 45 volwassenes wat op 'n daaglikse basis die sentrum besoek. Hulle word aangery vanaf Sasolburg, Vaalpark en Vanderbijlpark. Daar is tans baie aansoeke vanaf Vereeniging area, maar daar is huidiglik, ongelukkig nie vervoer vir hierdie mensies beskikbaar nie.


Brein gestremde mensies is altyd uiters trots op alles wat hulle doen of vervaardig, en altyd gereed met 'n drukkie. Enige iemand wat graag wil kom kyk presies wat die mensies doen en maak, is welkom om die sentrum te besoek by Carter Straat 20, Vanderbijlpark tydens besigheidsure. Die produkte wat hulle maak word ook verkoop om fondse in te samel, wat weer gebruik word om voorraad aan te koop sodat hulle weer nuwe produkte kan vervaardig.

In 2010 het Lewenslig 'n tehuis vir dames begin waarin daar tans 8 dames geakkommodeer en versorg word. Daar is 'n groot behoefte vir 'n mans tehuis, maar dit is tans nog nie beskikbaar nie. Die behoefte vir versorging van hierdie mensies is baie groot. Indien u enigsins voorstelle het om aan hierdie behoefte te voorsien, is u welkom om voorstelle deur te stuur na Lewenslig toe.


Tans het die sentrum ook net een 15 sitplek bussie waarmee die mensies vervoer word en moet daar dus meer as een keer gery word om almal op te laai en by die sentrum te besorg, en ook weer tuis na hul dag se 'werk'. 'n Tweede en selfs derde geskikte voertuig sal die vervoer probleem aansienlik verlig.

Lewenslig ontvang tans, en het nog nooit enige finansiƫle hulp van die staat af gekry nie, en is ten volle afhanklik van donasies vanaf die publiek en besigheids instansies in ons area. Indien u enigsins kan help met donasies, van watter aard ookal, sal dit baie waardeer word.

Dringende skenkings is nodig om te help met brandstof, verblyf, versorging, voedsel asook die herstelwerk in en om die huidige persele. Indien daar enige iemand is wat hiermee kan help, kontak ons asseblief. Enige vorm van hulp word waardeer. Baie van die mensies het geen ander heenkome nie, en Lewenslig streef daarna om die mensies te versorg en te ondersteun sover menslik moontlik.