Lewensligsentrum

Click here to edit subtitle

Boek-bekendstelling

Vanjaar, 2018, is die eerste jaar wat ons die projek loots. Die projek is in samewerking met Kunstedraai, plaaslike kreatiwiteitsskool vir jong kinders. Die projek behels dat kinders uit die drama- & dans skool geidentifiseer word om 'n kinderverhaal te skryf wat die inwoners van Lewenslig dan gaan illustreer. Die geleentheid gaan by Kunstedraai self plaasvind op die 29 September 2018 & ons hoop om klomp mense te lok, nie net vir finansiele bydrae nie, maar ook bewusmaking.

Dames tee

Die dames tee gaan nou vir die vierde jaar gehou word en elke jaar word al die kaartjies verkoop & is die dag 'n groot sukses. Die doel is om geld in te samel vir die inwoners van die Lewensligsentrum & om die handwerk-projekte vir hulle volhoubaar te maak. Die dag is 'n geleentheid waar ons as dames net by mekaar kom vir 'n lekker koppie tee, 'n snytjie koek & 'n gasspreker word ook vir die dag gereƫl.

Gholf-dag

Die Gholf-dag is ons mees suksesvolle projek elke jaar & die geleentheid waar ons die meeste geld insamel. Die eerste twee jaar was daar slegs mansinskrywings, maar die afgelope twee jaar was daar 'n paar dames wat ook deel geneem het. Dit word by Hearon banks gehou & daar is ele jaar groot pryse om los te slaan.